Jan Engelen (7 Junie 1946 - 9 Mei 2018) was 'n Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur.Profiel op ESAT, besoek op 18 November 2012 Hy is die seun van Belgiese ouers, die regisseur en akteur Fred Engelen en die aktrise Tine Balder. Hy is in België gebore maar word in Stellenbosch groot waar hy ook gestudeer het.
Hy is op 9 Mei 2018 aan kanker oorledehttps://www.netwerk24.com/Vermaak/jan-engelen-oorlede-20180509 en laat sy ma, vrou (Amor Tredoux), vyf kinders en drie sibbes agter.
Filmografie As akteur: Liewe Hemel, Genis!, 1986 as Pole Pim Pandoer in het nauw, 1975 Lieverdjes uit Amsterdam, 1974
As regisseur: Vuurhoutjieland (TV-reeks), 1981 Trompie en die Boksombende (TV-reeks), 1980 Adoons-hulle (TV-reeks), 1977–1978
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2018 Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit België Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs