Die Norma-sterrestelselswerm of Abell 3627 is ’n ryk sterrestelselswerm wat naby die middel van die Groot Aantrekker geleë is. Dit val in die sterrebeeld Winkelhaak (Latyn: Norma) en is sowat 221,1 miljoen ligjare (67,8 miljoen parsek) van die Aarde af.R.C. Kraan-Korteweg, in Lecture Notes in Physics 556, geredigeer deur D. Pageand J.G. Hirsch, p. 301 (Springer, Berlyn, 2000). Hoewel dit naby en helder is, is dit moeilik om te sien omdat dit in ’n streek naby die galaktiese vlak van die Melkweg lê, waar voorwerpe op sigbare golflengtes deur ruimtestof verberg word. Die swerm se massa word op sowat 1015 sonmassas geraam.H. Boehringer et al., Astrophys. J. 467, 168 (1996)., R.C. Kraan-Korteweg et al., Nature 379, 519 (1996).
Verwysings
Eksterne skakels ESO-persfoto's 46a-j/99 Galaxy Cluster Has Two 'Tails' to Tell. Nasa, Foto van die dag, 22 Januarie 2010.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Abell-voorwerpe Kategorie:Sterrestelselswerms Kategorie:Winkelhaak (sterrebeeld)