Lyklollery is 'n Afrikaanse rolprent wat in 2001 vrygestel is. Die rolprent is deur Francois Coertze en Dorette Nel vervaardig en in Pretoria verfilm. Dit is Abyss Produksies se tweede rolprent.

Genre Die rolprent is 'n komedie oor drie van die land se gunsteling onderwerpe rugby, lyke en TV-lisensies.

Hoofrolspelers Elize Cawood as TV-inspekteur David Dukas as Bossie Jonathan Pienaar as Skroef Dorette Nel as Jeanette Francois Coertze as Sarel Wilson Dunster as Klaas Miems de Bruyn as Ma Cemonè Hewetson as Sarel se Vrou

Storielyn Almal in Jolliefontein, 'n klein plattelandse dorpie, is in rep en roer is oor die naderende rugbywedstryd. 'n TV-lisensieinspekteur op soek na lisensies maak inbreuk op 'n paar vriende se rugbymiddag voor die TV en slaan dood neer. Wat nou gedoen met die lyk?

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente