NML Cygni, of V1489 Cygni, is ’n rooisuperreus en een van die grootste sterre bekend. Sy radius is sowat 1 650 keer dié van die Son, of 7,67 AE. Die ster is een van die uiters helder superreuse. Sy afstand van die Aarde af word op sowat 5 300 ligjare (1 600 parsek) geraam. Die ster het ’n stowwerige omgewing en toon ’n boontjievormige, asimmetriese newel. Dit is ’n halfreëlmatige veranderlike ster met ’n periode van sowat 940 dae.
NML Cygni is in 1965 deur Neugebauer, Martz en Leighton ontdek. Die naam NML is afgelei van die drie ontdekkers se name. Dit is deel van die Cygnus OB2-verbinding wat byna 2° in die lug beslaan. Dit is dus een van die naaste massiewe verbindings aan die son.
NML Cygni is ’n massiewe suurstofryke ster. Wilson en Barrett het aanvanklik OH-radio-emissies (1612 MHz) in 1968 ontdek. Later is die teenwoordigheid van molekules soos water (H2O), silikonmonoksied (SiO), koolstofmonoksied (CO), koolstofmonosulfied (CS), swaelmonoksied (SO), swaeldioksied (SO2) en waterstofsulfied (H2S) ook ontdek.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia.
Kategorie:M-tipe hiperreuse Kategorie:Swaan (sterrebeeld)