Stephen Booth (* 1952) is 'n Engelse skrywer van misdaadromans. Hy het veral bekendheid verwerf met sy Cooper and Fry-romanreeks wat in Derbyshire afspeel.

Lewe Booth is as seun van Jim en Edna Booth in Burnley, Lancashire gebore. Op tweejarige leeftyd het hy met sy ouers na Blackpool verhuis waar hy later by Arnold School skoolgegaan het. Tans woon hy met sy vrou naby Retford in Nottinghamshire.

Loopbaan Booth was 27 jaar lank as joernalis vir 'n verskeidenheid dagblaaie, tydskrifte en radiostasies werksaam, waaronder die Wilmslow Advertiser, Huddersfield Examiner, en die Worksop Guardian, en het in hierdie tyd reeds 'n aantal kortverhale gepubliseer. In 2001 het hy joernalisme laat vaar en hom as voltydse skrywer bekwaam.

Bibliografie Booth se romans handel oor twee jong polisiemanne in Derbyshire, Ben Cooper en Diane Fry, wat moorde probeer oplos. Die Cooper-en-Fry-reeks van romans bestaan uit (in chronologiese volgorde):

Black Dog (2000) Dancing with the Virgins (2001) Blood on the Tongue (2002) Blind to the Bones (2003) One Last Breath (2004) The Dead Place (2005) Scared to Live (2006) Dying to Sin (2007) The Kill Call (2009) Lost River (2010) The Devil's Edge (2011) Dead and Buried (2012) Already Dead (2013) The Corpse Bridge (2014) The Murder Road (2015)

Literêre pryse en nominasies 2001 - Barry Award vir die beste Britse misdaadroman: Black Dog 2001 - Die Crime Writers' Association se Gold Dagger vir die beste misdaadroman van die jaar: Dancing with the Virgins 2002 - Barry Award vir die beste Britse misdaadroman: Dancing With the Virgins 2003 - Dagger in the Library 2006 - Theakston's Old Peculier Crime Novel of the Year Award: One Last Breath 2007 - Theakston's Old Peculier Crime Novel of the Year Award: The Dead Place

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense