Richard Graham Michael Morris (gebore 1948) is 'n Britse neurowetenskaplike. Hy is veral bekend danksy die ontwikkeling van die Morris-waterdoolhof, een van die leertoetse vir knaagdiere wat tans die meeste gebruik word, en vir sy werk oor die funksie van die hippokampus, ’n deel van die brein.
Hy is die direkteur van die Sentrum vir Kognitiewe en Senuweestelsels in Edinburg en ’n hoogleraar in neurowetenskap aan die Universiteit van Edinburg.
Sedert 1997 is hy 'n fellow van die Royal Society. Morris is in 2007 benoem tot kommandeur in die Orde van die Britse Ryk.
Verwysings
Eksterne skakels Tuisblad
Kategorie:Britse bioloë Morris, Richard G. Kategorie:Lewende mense Kategorie:Fellow of the Royal Society