Karel die Stoute (Dijon, 10 November 1433 – Nancy, 5 Januarie 1477) was die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg, en die graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen. Hy was die seun van Filips die Goeie en Isabella van Portugal. Sy naam verwys na sy durf oftewel "stoutmoedigheid", en nie na sy onvanpaste gedrag nie.

duimnael|links|Karel die Stoute en Filips die Goeie (in swart klere). Chroniques de Hainaut, c. 1447–8 (Koninklike Biblioteek van België)

Hy vestig die rekenkamer en die parlement in Mechelen. Karel het een dogter, Maria, maar geen seuns gehad nie.

Karel het verskeie tale gepraat. Hy was bekend as 'n uitmuntende, maar soms wreedaardige militêre aanvoerder. Hy was begerig om 'n ambisieuse ryk op te bou wat van die Middellandse See tot aan die Noordsee strek, in navolging van die ou koninkryk van Lotharius. As deel van hierdie projek het hy die Hertogdom Lotaringe in 1477 ingeval, waar hy tydens die Slag van Nancy omgekom het.

Hy is in die Onze-Lieve-vrouekerk in Brugge begrawe.

Kategorie:Geboortes in 1433 Kategorie:Geskiedenis van België Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Grawe Kategorie:Hertoë Kategorie:Mense in die 15de eeu Kategorie:Sterftes in 1477