duimnael|links|Wapen van Stanisław Leszczyński as Prins van Lotaringe. Stanisław Bogusław Leszczyński (Lemberg, 20 Oktober 1677 - Lunéville, Lotaringe, 23 Februarie 1766) was die koning van Pole en later die hertog van Lotaringe. Hy stam van 'n ou adellike Poolse familie af. Stanislas was 'n verligte heerser en geïnteresseerd in die kunste en wetenskap. Hy was belese en het verskeie tale gepraat. Place Stanislas in Nancy is na hom vernoem, en daar is 'n standbeeld van hom in die middel van die plein.
Kategorie:Geboortes in 1677 Kategorie:Hertoë Kategorie:Litause monarge Kategorie:Poolse monarge Kategorie:Sterftes in 1766