duimnael|400px|Landingeslote lande oor die wêreld (groen) en tweekeer landingeslote lande (pers).

'n Landingeslote land is 'n land sonder direkte seetoegang. Binneseë soos die Kaspiese See en die Aralsee word nie in aanmerking geneem nie. Landingeslote lande verskil daardeur van eilandstate en kuslande.

Van die tans 193 lidlande van die Verenigde Nasies is 44, ongeveer 1/4, landingeslote lande, waarvan twee – Liechtenstein en Oesbekistan – net aan ander landingeslote lande grens. Drie lande – Lesotho, San Marino en die Vatikaanstad – word net deur een enkele land omring en is daarmee enklawes. Sewe lande – Andorra, Bhoetan, Liechtenstein, Moldowa, Mongolië, Nepal en Eswatini – is tussen twee lande geleë.

Die grootste landingeslote land volgens oppervlakte is Kasakstan en ook die enigste een wat op twee kontinente – Asië en Europa – geleë is. Die landingeslote land met die grootste bevolking is Ethiopië. Geen landingeslote land is op 'n eiland geleë nie, sodat almal oor die kontinentale landmassas versprei is. Daar is nie 'n landingeslote land in Noord-Amerika of Oseanië nie. Die buurlande Bolivië en Paraguay is die enigste twee landingeslote lande in beide die Amerikas en die Westelike Halfrond.

Lys van landingeslote lande Land Oppervlakte in km² Bevolking Kontinent 647 50029 117 000 Asië 46884 082 Europa 29 7433 254 300 Asië 86 6008 997 400 Asië 207 6009 484 300 Europa 38 394691 141 Asië 1 098 58110 907 778 Suid-Amerika 582 0001 990 876 Afrika 274 22215 746 232 Afrika 27 8348 988 091 Afrika 17 3641 185 000 Afrika 1 104 30085 237 338 Afrika 93 02810 005 000 Europa 2 724 90016 372 000 Asië 10 9081 804 838 Europa 199 9515 482 000 Asië 236 8006 320 000 Asië 30 3552 067 000 Afrika 16035 789 Europa 2 586502 202 Europa 118 48415 028 757 Afrika 1 240 19214 517 176 Afrika 33 8463 567 500 Europa 1 566 5003 000 000 Asië 147 18129 331 000 Asië 1 267 00015 306 252 Afrika 25 7132 114 550 Europa 83 8718 396 760 Europa 406 7526 349 000 Suid-Amerika 26 33810 746 311 Afrika 6131 716 Europa 622 9844 422 000 Afrika 88 3617 306 677 Europa 49 0355 429 763 Europa 619 7458 260 490 Afrika 41,2847,785,600 Europa 143 1007 349 145 Asië 1 284 00010 329 208 Afrika 78 86710 674 947 Europa 488 1005 110 000 Asië 241 03832 369 558 Afrika 447 40027 606 007 Asië 0,44826 Europa 752 61212 935 000 Afrika 390 75712 521 000 Afrika Total16 963 624470 639 181 Persentasie van die wêreld11,4%6,9%

Sien ook Eilandstaat Enklawe

Eksterne skakels

Kategorie:Lande Kategorie:Politiek