Die artikel handel oor die rolprent, vir die gelyknamige streek, sien Klein Karoo.

Klein Karoo is ’n Afrikaanse rolprent wat op 1 Februarie 2013 in teaters oral in Suid-Afrika begin draai het. Tydens die openingsweek het die rolprent beter by die loket gevaar as Steven Spielberg se Lincoln, wat op dieselfde dag begin draai het. Meer mense het oor dié naweek na Klein Karoo gaan kyk as na Life of Pi, Les Misérables of Argo of Django Unchained.Ontmoet Tim Theron van ‘Klein Karoo’ – SA se volgende gróót Afrikaanse fliek, Sarie, Februarie 2013

Genre Die rolprent is ’n romantiese komedie. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding vir jong kinders).

Hoofrolspelers Donnalee Roberts as Cybil Ferreira, 'n onderwyseres Tim Theron as Frans Coetzee, 'n rolprentmaker Hykie Berg as Meyer Labuschagne, wynmaker en volstruisboer Anel Alexander as Sophie Ferreira, Cybil se suster Sisanda Henna as Bongi Pierre Breytenbach as Karel Kiempie Amalia Uys as Magriet Bouwer Bosch as Brian

Storielyn ’n Jong onderwyseres van Oudtshoorn, Cybil Ferreira, sal enigiets in haar vermoë doen om te verseker dat haar projek by die plaasskooltjie Kalfieskraal voortgaan. Die grond waarop Kalfieskraal gebou is, is te koop en die potensiële kopers stel nie in die projek belang nie. So kom Frans Coetzee in die prentjie. Frans is ’n rolprentvervaardiger met ’n gebroke hart, wat in die Klein-Karoo is om saam met sy span ’n dokumentêr oor opheffingswerk in die omgewing te maak - en hopelik in die proses te vergeet van liefde, vrouens, en al die moeilikheid wat daarmee gepaardgaan. Cybil en Frans se paadjies kruis en beide se wêrelde word totaal omver gegooi.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Eksterne skakels Die rolprent se amptelike webtuiste

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente