Die Senqunyanerivier is 'n rivier in die sentrale deel van Lesotho. Die naam beteken Klein-Oranjerivier in Sotho.

Die Senqunyanerivier ontspring op die westelike hange van die Malutiberge. By die bron is die bymekaarkompunt van drie distrikte: Maseru, Berea en Leribe. Die Senqunyanerivier vloei eers suidwes en dan suidwaarts. By Ha Marakabei volg dit die pad wat uit die Laaglande van Lesotho lei na Thaba-Tseka in die weste. Dit vorm byna oral langs sy loop distriksgrense: die grens van Berea- en Thaba-Tsekadistrikte strek selfs in sy geheel langs die Senqunyanerivier.

Net voordat dit uitmond in die Mohaledam, word 'n deel van die Lesotho-Hoogland-waterprojek bereik. Die Senqunyanerivier sluit na ongeveer 200 kilometer aan by die Senqu- of Oranjerivier by Ha Nkau, en vorm die grens tussen die distrikte van Mohaleshoek en Quthing, op pad na Suid-Afrika.

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Verwysings

Kategorie:Riviere in Lesotho