Kepler-33 is ’n ster in die sterrebeeld Lier met vyf bekende planete. Dit het begin om uit die hoofreeks te beweeg;http://arxiv.org/abs/1201.5424 dit het rofweg 161,5% van die Son se radius, maar net 116,4% van sy massa. Dit is waarskynlik ’n G-tipe ster. Sy afstand is onbekend.
Planeetstelsel Die ontdekking van ’n vyfplaneetstelsel is op 26 Januarie 2012 aangekondig. Anders as ander sterre wat via die Kepler-ruimteteleskoop bevestig is, is hul massa onbekend. Te oordeel na hul radiusse, kan b ’n groot Aarde-tipe of klein Neptunus-tipe planeet wees, terwyl die ander vier waarskynlik laasgenoemde is.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:Lier (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:G-tipe subreuse