Mu Arae (ook genoem μ Ara, μ Arae of HD 160691) is ’n hoofreeksster van spektraaltipe GV sowat 50 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Altaar (Ara). Die ster het ’n stelsel van vier planete, waarvan drie ’n massa het naby aan dié van Jupiter.
Eienskappe Die ster het ’n massa van sowat 10% meer as die Son. Dit is aansienlik ouer: sowat 6,34 miljard jaar. Sy radius is 36% groter as die Son s’n en hy is 90% helderder. Die ster is metaalryk en die verhouding tussen yster en waterstof is sowat twee keer so groot as in die Son. Mu Arae het ook meer helium.
Die ster, wat nes die Son ’n G-tipe ster is, betree dalk sy fase as reusester en is besig om uit waterstof in sy kern te raak. Dit word weerspieël in die onsekerheid oor sy helderheidsklas, tussen IV (die subreusesterre) en V (hoofreekssterre soos die Son).
Planeetstelsel Ontdekking duimnael|links|240px|Mu Arae met die afstand van sy vier planete aangedui. Die eerste planeet se ontdekking is in 2001 aangekondig deur die Anglo-Australiese Planeetsoekspan. Daar is geglo Mu Arae b is in ’n hoogs eksentrieke wentelbaan van sowat 743 dae. In 2004 is ’n tweede planeet, nou bekend as Mu Arae e, ontdek. Daar is toe geglo dit is in ’n wentelbaan van 8,2 jaar met ’n hoë eksentrisiteit. Later in 2004 is die ontdekking van ’n klein binneste planeet, Mu Arae c, met ’n massa van omtrent dié van Uranus en ’n wentelbaan van nege dae, aangekondig.
In 2006 het twee spanne, onder leiding van Krzysztof Goździewski en Francesco Pepe onderskeidelik, aangekondig dat die ster ’n vierde planeet, Mu Arae d, het met ’n wentelbaan van sowat 311 dae. Dit het gelei tot hersiene parameters vir die ander planete, met laer eksentrisiteit. Met die ontdekking van die laaste planeet was Mu Arae die eerste bekende ster met vier planete naas 55 Cancri.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:G-tipe hoofreekssterre Kategorie:G-tipe subreuse