Kraftwerk (Duits: "kragsentrale") is 'n Duitse musiekprojek en musiekgroep wat deur Ralf Hütter (* 1946) en Florian Schneider (1947−2020) in 1970 in Düsseldorf gestig en steeds aktief is.

Kraftwerk het danksy sy baanbrekerswerk op die gebied van elektroniese popmusiek internasionale bekendheid verwerf en in die 1970's en vroeë 1980's belangrike invloed op musiekstyle soos synthie-pop, electro-funk of Detroit Techno uitgeoefen. Die Amerikaanse dagblad New York Times het na die groep in 1997 as die "Beatles van elektroniese dansmusiek" verwys.Neil Strauss: Call Them the Beatles Of Electronic Dance Music, in: New York Times, 15 Junie 1997

In sy musiek verbind Kraftwerk drywende, herhalende ritmes met pakkende melodieë en 'n minimalistiese, suiwer elektroniese instrumentalisasie. Die groep se eenvoudige lirieke word soms deur 'n vocoder voorgedra of deur teks-tot-spraaksagteware gegenereer.

Diskografie Kraftwerk (1970) Kraftwerk 2 (1972) Ralf und Florian (1973) Autobahn (1974) Radio-Activity (1975) Trans-Europe Express (1977) The Man-Machine (1978) Computer World (1981) Electric Café (1986) Tour de France Soundtracks (2003)

Verwysings

Kategorie:Duitse musiekgroepe