duimnael|links|Ligging van die Ierse See Die Ierse See (Engels: Irish Sea, Iers-Gaelies: Muir Éireann, Manx-Gaelies: Mooir Vannin, Skots: Erse Sea, Skots-Gaelies: Muir Èireann, Ulster-Skots: Airish Sea, Wallies: Môr Iwerddon; in die antieke tydperk bekend onder sy Latynse naam Oceanus Hibernus; daarnaas ook Manx-see genoemIrish Sea Conservation Zones: Irish Sea Facts. Besoek op 14 Augustus 2017) is 'n seearm van die Noordelike Atlantiese Oseaan wat Ierland (in die weste) van Groot-Brittanje (in die ooste) skei. Die Eiland Man is in die sentrum en Anglesey in die suide van die Ierse See geleë.

Afhangende van die konteks – histories, kultureel en oseanografies – is daar verskillende uitgangspunte waarvolgens die Ierse See se grense afgebaken kan word. Die Internasionale Hidrografiese Organisasie gee die see se oppervlakte volgens suiwer oseanografiese kenmerke as 46 007 km³, insluitende die Sint George's-kanaal. Die see strek oor 'n lengte van 130 myl (210 km) en is 150 myl (240 km) wyd. Dit word in die noorde deur die Noordkanaal (Engels: North Channel) tussen Noord-Ierland en Skotland en in die suide deur die Sint-Georgekanaal tussen die uiterste suidooste van Ierland en Suidwes-Wallis met die Atlantiese Oseaan verbind.

Die diepste punt met 576 voet (175 m) is by die Mull of Galloway (Skotland se mees suidelike puntMull of Galloway Trust: The Mull of Galloway Experience. Besoek op 14 Augustus 2017) geleë, naby die see se verbinding met die Noordkanaal. Belangrike seehawens is die Ierse hoofstad Dublin of Baile Átha Cliath, die Engelse hawestede Blackpool en Liverpool asook die hoofstad van die Eiland Man, Douglas.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Engeland Kategorie:Geografie van Ierland Kategorie:Geografie van Man (eiland) Kategorie:Geografie van Skotland Kategorie:Geografie van Wallis Kategorie:Seë van Europa Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan