duimnael|links|Ligging van die Keltiese See Die Keltiese See (Bretons: Mor Keltiek, Engels: Celtic Sea, Frans: Mer Celtique, Iers-Gaelies: Muir Cheilteach, Kornies: Mor Keltek, Wallies: Y Môr Celtaidd) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Ierland in die noorde, Engeland en Wallis in die noordooste en Frankryk met die Bretagne in die suidooste. Die see is in die weste van die Engelse Kanaal en in die noorde van die Golf van Biskaje geleë.

Deur die Sint-Georgekanaal word die Keltiese See met die Ierse See verbind. In die ooste van die Keltiese See is die Scilly-eilande geleë.

Eksterne skakels

Kategorie:Bretagne Kategorie:Landvorme van Frankryk Kategorie:Geografie van Engeland Kategorie:Geografie van Ierland Kategorie:Geografie van Wallis Kategorie:Seë van Europa Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan