Die National Provincial Championship ( Nasionale Provinsiale Kampioenskap) of NPC is die provinsiale rugbykompetisie in Nieu-Seeland. Sedert die begin van die kompetisie is die formaat en handelsmerk al talle kere verander. In 2006 is die kompetisie in twee afdelings opgedeel: die ITM-beker (aanvanklik bekend as die Air New Zealand-beker) en die Heartland-kampioenskap. In 2011 is die boonste divisie opgedeel in twee vlakke wat gebaseer is op die 2010-seisoen se punteleër na die rondomtalie. Spanne 1–7 is toegeken aan die Premierskap en spanne 8–14 aan die Kampioenskap. Daar is outomatiese promosie-/relegasiewedstryde tussen die twee vlakke, “oorkruiswedstryde” en rondomtaliewedstryde binne elke vlak. Die Heartland-kampioenskap is ook opgedeel in twee vlakke na die rondomtaliegedeelte met die boonste vlak wat dan meeding om die Meadsbeker en die onderste vlak om die Lochorebeker. Al 26 Nieu-Seeland se provinsiale unies neem deel aan òf die ITM-beker òf die Heartland-kampioenskap. Die NPC is vir die eerste keer in 1976 gespeel en hoewel die basiese formaat vir die Eerste Divisie baie dieselfde gebly het tot 2006, was daar ’n aantal veranderinge aan die laer divisies.

Aanvanklik het die Eerste Divisie bestaan uit 11 spanne waarvan 7 van die Noordeiland en 4 van die Suideiland was. Die oorblywende unies het meegeding om ’n opgedeelde Tweede Divisie met twee spanne van elke eiland wat onder mekaar gespeel het. Die onderste span in die Eerste Divisie van die Suideiland het teen die wenner van die suidelike Tweede Divisie gespeel om promosie/relegasie terwyl die onderste span in die Eerste Divisie van die Noordeiland outomaties gerelegeer is.

Hierdie formaat het tot 1985 volgehou toe die gedeelde Tweede Divisie vervang is met ’n verenigde Tweede Divisie en ’n Derde Divisie. Die boonste en onderste spanne in elke divisie is elke jaar outomaties bevorder en gerelegeer.

In 1992 is drie spanne van die Eerste Divisie gerelegeer sodat daar 9 spanne in elke divisie sou wees. 1992 het ook ’n uitklopfase aan die einde van die toernooi meegebring – voorheen is ’n ligastelsel gebruik.

Auckland was die mees suksesvolle span in die NPC en het 18 van die 46 reekse gewen.

Die enigste verandering voor 2006 was in 1998 toe die aantal spanne verander is na 10 in die Eerste Divisie, 9 in die Tweede Divisie en 8 in die Derde Divisie. Die gelyke aantal spanne in die Eerste Divisie het die noodsaak van loslootjies uitgeskakel. Daardie jaar is die promosie-/relegasiewedstryde tussen die twee boonste divisies ook laat vaar. In plaas daarvan het die wenner van die Tweede Divisie ’n promosie-relegasiewedstryd teen die onderste span in die Eerste Divisie gespeel om te bepaal wie waar sou speel in die volgende seisoen. Tot 2002 het hierdie wedstryd plaasgevind op die tuisveld van die span in die Eerste Divisie maar is in 2003 verander na die tuisveld van die wenner van die Tweede Divisie.

Lys van NPC-wenners JaarEerste Divisie-wennerTweede Divisie-wennerRanfurlyskild (seisoeneinde)NoordeilandSuideiland197620px| Bay of Plenty20px| TaranakiSuid-Canterbury 20px| Manawatu197720px| Canterbury20px| North AucklandSuid-Canterbury 20px| Manawatu197820px| Wellington20px| Bay of PlentyMarlborough 20px| North Auckland197920px| Counties Manukau20px| HawkesbaaiMarlborough 20px| Auckland198020px| Manawatu20px| WaikatoMid-Canterbury 20px Waikato198120px| WellingtonWairarapa BushSuid-Canterbury 20px| Wellington198220px| Auckland20px| Taranaki20px| Southland 20px| Canterbury198320px| Canterbury20px| TaranakiMid-Canterbury 20px| Canterbury198420px| Auckland20px| Taranaki20px| Southland 20px| CanterburyJaarEerste Divisie-wennerTweede Divisie-wennerDerde Divisie-wennerRanfurlyskild (seisoeneinde)198520px| Auckland20px| Taranaki20px| North Harbour 20px| Auckland198620px| Wellington20px| WaikatoSuid-Canterbury 20px| Auckland198720px| Auckland20px| North Harbour20px| Povertybaai 20px| Auckland198820px| Auckland20px| HawkesbaaiThames Valley 20px| Auckland198920px| Auckland20px| SouthlandWanganui 20px| Auckland199020px| Auckland20px| HawkesbaaiThames Valley 20px| Auckland1991Otago20px| King CountrySuid-Canterbury 20px| Auckland199220px| Waikato20px| TaranakiNelson Bays 20px| Auckland199320px| Auckland20px| Counties ManukauHorowhenua 20px| Waikato199420px| Auckland20px| SouthlandMid-Canterbury 20px| Canterbury199520px| Auckland20px| TaranakiThames Valley 20px| Auckland199620px| Auckland20px| SouthlandWanganui 20px| Auckland199720px| Canterbury20px| NorthlandMarlborough 20px| Waikato1998OtagoCentral VikingsMid-Canterbury 20px| Waikato199920px| AucklandNelson BaysOoskus 20px| Waikato200020px| Wellington20px| Bay of PlentyOoskus 20px| Canterbury200120px| Canterbury20px| HawkesbaaiSuid-Canterbury 20px| Canterbury200220px| Auckland20px| HawkesbaaiNoord-Otago 20px| Canterbury200320px| Auckland20px| HawkesbaaiWanganui 20px| Auckland200420px| CanterburyNelson Bays20px| Povertybaai 20px| Canterbury200520px| Auckland20px| HawkesbaaiWairarapa Bush 20px| CanterburyJaarAir NZ-beker-wennerHeartland-kampioenskap-wennerRanfurlyskild (seisoeneinde)MeadsbekerLochorebeker200620px| WaikatoWairarapa Bush20px| Povertybaai 20px| North Harbour200720px| AucklandNoord-Otago20px| Povertybaai 20px| Auckland200820px| CanterburyWanganui20px| Povertybaai 20px| Wellington200920px| CanterburyWanganuiNoord-Otago 20px| SouthlandJaarITM-beker-wennerHeartland-kampioenskap-wennerRanfurlyskild (seisoeneinde)MeadsbekerLochorebeker201020px| CanterburyNoord-OtagoWairarapa Bush 20px| CanterburyJaarITM-beker-wennerHeartland-kampioenskap-wennerRanfurlyskild (seisoeneinde)PermierskapKampioenskapMeadsbekerLochorebeker201120px| Canterbury20px| HawkesbaaiWanganui20px| Povertybaai 20px| Taranaki201220px| Canterbury20px| Counties ManukauOoskusBuller 20px Waikato201320px| CanterburyTasmanMid-CanterburySuid-Canterbury 20px| Counties Manukau201420px| Taranaki20px| ManawatuMid-CanterburyWanganui 20px Hawkesbaai201520px| Canterbury20px| HawkesbaaiWanganui20px| King Country 20px| WaikatoJaarMitre 10-beker-wennerHeartland-kampioenskap-wennerRanfurlyskild (seisoeneinde)PermierskapKampioenskapMeadsbekerLochorebeker201620px| Canterbury20px| North HarbourWanganuiNoord-Otago20px| Canterbury201720px| Canterbury20px| WellingtonWanganuiMid-Canterbury20px| Taranaki201820px| Auckland20px| WaikatoThames ValleyHorowhenuaOtago2019Tasman20px| Bay of PlentyNoord-OtagoSuid-Canterbury20px| Canterbury2020Tasman20px| AucklandAfgelas weens die wêreldwye Covid-19-pandemie20px| Hawkesbaai202120px| WaikatoTasmanSuid-CanterburyWanganui20px| Hawkesbaai

Nota: Van 1976 tot 1984 was daar geen Derde Divisie nie, maar die Tweede Divisie is opgedeel in die Noord- en Suideilandkompetisies. Van 1985 tot 2005 was daar drie divisies almal georganiseer op ’n landwye basis. Van 2006 tot 2010 was daar twee divisies van die Nasionale Kampioenskap, die ITM-beker (Air New Zealand-beker van 2006-2009) en die Heartland-kampioenskap. Van 2011 is die boonste divisie opgedeel in twee vlakke wat gebaseer is op die 2010-seisoen se punteleër na die rondomtalie. Spanne 1-7 is toegeken aan die Premierskap en spanne 8-14 aan die Kampioenskap. Daar is outomatiese promosie-/relegasiewedstryde tussen die twee vlakke, “oorkruiswedstryde” en rondomtaliewedstryde binne elke vlak. Die Heartland-kampioenskap is ook opgedeel in twee vlakke na die rondomtaliegedeelte met die boonste vlak wat dan meeding om die Meadsbeker en die onderste vlak om die Lochorebeker.

Sien ook ITM-beker Heartland-kampioenskap Ranfurly-skild

Kategorie:Rugbykompetisies in Nieu-Seeland