Pierre van Pletzen is 'n Suid-Afrikaanse akteur en regisseur. Hy is veral bekend vir sy rol as Septimus van Zyl (Oom Oubaas) in SAUK2 se sepie, 7de Laan, wat hy van 2000 tot 2017 vertolk het.Profiel op TVSA, besoek op 3 November 2012 Hy is ook 'n regisseur op die stel van 7de Laan en is in 1996 met Sandra Vaughn getroud, 'n voormalige mede-akteur. Van Pletzen het twee kinders, 'n seun Pierre-Henri, en 'n dogter Zetske, wat die rol van Marcel van Niekerk in 7de Laan gespeel het.
Filmografie As akteur: 7de Laan (TV-reeks), 2000-huidig as Septimus (Oubaas) van Zyl The Fourth Reich, 1990 as Hertzog Windprints, 1990 as Meinert The Gods Must Be Crazy II, 1989 as George Orkney Snork Nie (TV-reeks), 1989 as Spike Potas Phil101 (TV-reeks), 2017 as Manie Kraaywinkel
As regisseur: 7de Laan (TV-reeks)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense