Sally Esterhuizen (née Campher) is ’n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rol as Yolanda in die SAUK se sitkom, Orkney Snork Nie. Sy is in 1989 met Pieter Esterhuizen getroud; hy was destyds die assistent-regisseur van die TV-reeks Orkney Snork Nie.Meisie kry haar man, en Het is uit die kraal van verlange , Die Burger, 25 Februarie 1989 In 1984 ontvang sy ’n Artes-toekenning vir haar rol in die gewilde Het van Verlangekraal.Orkney se Yollie ’n doodgewone ma, Beeld, 16 Oktober 1992

Filmografie Orkney Snork Nie 2, 1993 as Yolanda (Yollie) van Tonder Orkney Snork Nie (Die Moewie), 1992 as Yolanda (Yollie) van Tonder Orkney Snork Nie (TV-reeks), 1989 as Yolanda (Yollie) van Tonder Koöperasiestories (TV-reeks), 1983 as Dingetjie. Beloftes van Môre, 1981 as verpleegster Katrien Sondaarspoort Die voortreflike familie Smit Het van Verlangekraal Die vierde Kabinet Lipstiek Dipstiek

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu