Danie Smuts was ’n Suid-Afrikaanse akteur wat in verskeie radiodramas, TV-reekse, rolprente en verhoogstukke gespeel het. Hy was veral bekend vir sy rol as Oom Hans in die TV-reeks Orkney Snork Nie. Smuts is op 78 jarige ouderdom, slegs 3 weke na sy vrou, Bea oorlede. In sy latere jare het hy sy geheime resep vir biltong en vars gebakte brood Saterdae op Florida se oggendmark verkoop.Veteraan-akteur Danie Smuts sterf drie weke ná sy vrou, Beeld, 13 Desember 2003 ’n Borsbeeld van hom is in die ATKV-hooftak se kunsversameling opgeneem.ATKV skenk Danie Smuts-borsbeeld, besoek op 3 November 2012

Filmografie Rolprente en TV-reekse waarin hy verskyn het: Orkney Snork Nie (Die Moewie), 1993 as Oom Hans Orkney Snork Nie (TV-reeks), 1989 as Oom Hans Bosveldhotel, die moevie, 1985 as Hans van Rensburg Daar Kom Tant Alie, 1976 My Liedjie van Verlange, 1975 De Wet’s Spoor, 1975 as Lord Kitchener Somer, 1975 Soekie, 1975 Fraud!, 1974 as Pieter van Rensburg Paul Krüger, 1956 as Gen. Smuts/ Piet, verkenner

Bibliografie Boeke wat hy geskryf het: Folk Remedies, Saayman & Weber, 1989, , Boererate saamgestel deur Danie Smuts, Saayman & Weber, 1989, ,

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Sterftes in 2003