Van Tonder is 'n familienaam wat algemeen tussen Afrikaners in Suid-Afrika voorkom. Die Vantonders is oorspronklik van 'n klein dorpie genaamd Tønder in Denemarke. Van hier het hulle weens godsdienstige oortuigings na Nederland geïmmigreer, waar hulle die van Van Tonder aangeneem het. Die Suid-Afrikaanse Vantonders het hoofsaaklik vanaf die Nederlande na Suid-Afrika geïmmigreer.
Noemenswaardige Vantonders Gert van Tonder, 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Jan van Tonder, Afrikaanse skrywer. Jurie van Tonder, Namibiese rugbyspeler wat in 2007 aan die wêreldbeker deelgeneem het. Die Van Tonder-gesin van Orkney Snork Nie. Verskeie Vantonders is saam met Piet Retief en sy geselskap vermoor.Register van vermoordes, besoek op 3 November 2012 Verskeie Vantonders het in Britse konsentrasiekampe gesterfBritish Concentration Camps of the South African War 1900-1902, besoek op 3 November 2012
Verwysings
Eksterne skakels vantonder.net
Kategorie:Vanne Kategorie:Afrikaanse vanne