Salmo is ‘n genus wat hoort tot die familie Salmonidae. Aanvanklik was beide die Reënboogforel en die Bruinforel deel van die genus maar die Reënboogforel se klassifikasie is later verander en dit is nou geklassifiseer as deel van die genus Oncorhynchus. Salmo is dus nou beperk tot die Europese en forelle van Asië en ook die Atlantiese salm.

Spesie Die volgende spesie is deel van die genus en kom in Suid-Afrika voor: Salmo trutta - Bruinforel

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse