Die Sonneblomsterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 63 en NGC 5055) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde. Dit bestaan uit ’n sentrale skyf omring deur baie kort spiraalarms en is deel van die M51-groep, wat ook die Draaikolksterrestelsel (M51) insluit.

Geskiedenis Die stelsel is op 14 Junie 1779 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit later in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Struktuur In die middel 19de eeu het lord Rosse spiraalstrukture in die sterrestelsel geïdentifiseer – dit was een van die eerste stelsels waarin sulke strukture waargeneem is. In 1971 was daar ’n supernova met ’n helderheid van 11,8 mag in een van sy arms.

Die sterrestelsel se morfologiese klassifikasie is SAbc, wat aandui dit is ’n spiraalstelsel sonder ’n staaf in die middel en met taamlik los spiraalarms. In sigbare lig is geen spiraalstruktuur eintlik sigbaar nie, maar in naby-infrarooi is ’n simmetriese dubbelarmstruktuur duidelik. Elke arm draai 150° om die stelsel en strek tot 13 000 ligjare van die kern af uit.

Messier 63 is ’n aktiewe sterrestelsel met ’n LINER-kern. Dit vertoon as ’n onopgeloste kernbron wat deur ’n verspreide emissie omring word. Lasgenoemde is verleng met ’n posisiehoek van 110° langs, en sagte X-strale en H-alfa-emissie kan uit byna dieselfde rigting waargeneem word. Die bestaan van ’n supermassiewe swartkolk in die middel van die sterrestelsel is onseker; as dit bestaan, word die massa op geraam.

Radiowaarnemings by 21 cm wys die gasagtige skyf van Messier 63 strek uitwaarts tot ’n radius van 130 000 ligjare, tot ver veby die helder optiese skyf. Die gas het ’n simmetriese vorm wat op ’n duidelike manier verwronge is; dit begin by ’n radius van 33 000 ligjare. Die vorm dui daarop dat die sterrestelsel se halo van donker materie afwyk met betrekking tot die binnestreek. Die rede vir die verwringing is onduidelik, maar die posisiehoek wys na die kleiner metgeselstelsel UGC 8313.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 63

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Jaghonde (sterrebeeld) 60063 Sonneblomsterrestelsel Kategorie:Spiraalsterrestelsels