Kaz McFadden (gebore 16 Desember 1984) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Dewald in 7de Laan. Hy het ook in kykNET se sepies Villa Rosa en Binnelanders verskyn, asook films soos Die wonderwerker, Knysna en Strikdas.Profiel op tvsa.co.za, besoek op 22 September 2012
Biografie McFadden is op 16 Desember 1984 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer in 2002 van die HTS John Vorster in Rietfontein. Daarna studeer hy aan die "Performing Arts Lifestyle Institute" in beide teater en film.
Filmografie Egoli: Afrikaners is plesierig, 2009; as Alexander Bakgat 2!, 2010; as Perry Die Wonderwerker, 2012; as Adriaan van Rooyen Angus Buchan's Ordinary People, 2012; as Jake Cloete Knysna, 2014; as James Cloete Strikdas, 2015; as Vossie Voster
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense