Groothertog Michail Aleksandrowitsj van Rusland (Russies: Михаил Александрович; 4 Desember 1878 – 13 Junie 1918) was die jongste seun van keiser Alexander III en die broer van Nikolaas II en die groothertoë Georgi en Aleksander. Aleksander is op 2 Mei 1870, voor Michail se geboorte, op 11 maande dood.
Teen die tyd van sy geboorte was Michail se oupa aan vaderskant (Alexander II) keiser. Michail was die vierde aanspraakmaker op die troon ná sy pa en ouer broers, Nikolaas en Georgi. Ná die sluipmoord op sy oupa in 1881 het hy die derde aanspraakmaker geword en in 1894, ná die dood van sy pa, die tweede een. Sy broer Georgi is in 1899 oorlede. Michail het toe die vermoedelike erfgenaam van die nuwe keiser, Nikolaas II, geword. Die geboorte van Nikolaas se seun, Aleksei, in 1904 het Michail tydelik teruggeskuif na die tweede plek, maar Aleksei het hemofilie gehad en daar is nie verwag hy sou lank lewe nie.
Michail het 'n opskudding aan die keiserlike hof veroorsaak toe hy die getroude Natalia Sergejewna Woelfert as minnares neem. Nikolaas het Michail na Orjol gestuur om 'n skandaal te voorkom, maar dit het Michail nie van stryk gebring nie. Hy het sy minnares dikwels besoek en ná die geboorte van die paartjie se enigste kind, Georgi, in 1910 het Michail Natalia na Sint Petersburg gebring waar sy deur die gemeenskap verwerp is. In 1912 het Michail Nikolaas geskok deur met Natalia te trou in die hoop dat hy van die lys van troonopvolgers verwyder sou word. Michail en Natalia het Rusland verlaat en in bannelingskap in Frankryk, Switserland en Engeland gaan woon.
Toe Nikolaas op 15 Maart 1917 namens homself en sy seun abdikeer, is Michail aangewys as sy opvolger. Michail het egter die aanvaarding van die troon uitgestel totdat dit deur ’n verkose vergadering bekragtig word. Hy is nooit as keiser gekroon nie en tydens die Russiese Rewolusie van 1917 is hy gevange geneem en op 13 Junie 1918 naby Perm vermoor.
Omdat hy nooit regeer het nie, word sy broer Nikolaas II beskou as die laaste de facto-keiser van Rusland. Michail het grootliks 'n vergete voetnoot van die geskiedenis geword. Historici verwys soms na hom as "Michail II, die laaste keiser van Rusland".
Vroeë lewe links|thumb|200px|Groothertog Michail (middel, heel links) saam met sy ouers en sibbes. Agter, van links: keiserin Maria, groothertog Nikolaas, later keiser Nikolaas II, groothertogin Ksenia, groothertog Georgi. Voor: groothertogin Olga Aleksandrowna. Middel: Aleksander III.
Michail is in die Anitsjkof-paleis aan Nefski-prospekt in Sint Petersburg gebore as die jongste seun van tsesarewitsj Aleksander van Rusland en sy vrou, Maria Fjodorowna. Sy grootouers aan sy ma se kant was koning Christiaan IX van Denemarke en Louise van Hesse-Kassel. Sy pa se ma, Maria, is voor sy tweede verjaarsdag oorlede. Sy oupa aan vaderskant, keiser Aleksander II van Rusland, is op 1 Maart 1881 in 'n sluipmoordaanval dood, en dus het Michail se ouers voor sy derde verjaarsdag die keiser en keiserin van Rusland geword.Crawford and Crawford, p. 20 Ná die sluipmoord van sy pa het die nuwe keiser Aleksander III sy gesin geskuif na die veiliger omgewing van Gatsjina-paleis, wat 48 km suidwes van Sint Petersburg geleë en deur 'n grag omring was.Crawford and Crawford, pp. 17, 20
Michail en sy sibbes is in nederige, amper spartaanse, omstandighede grootgemaak.Crawford and Crawford, p. 23; Phenix, pp. 8–10; Vorres, p. 4 Die kinders het op harde kampbeddens geslaap, met dagbreek opgestaan, in koue water gewas en 'n eenvoudige pap vir ontbyt geëet. Michail is, nes sy broers en susters, deur privaat onderwysers geleer en deur 'n Engelse oppasser grootgemaak.Crawford and Crawford, pp. 22–23; Vorres, p. 3
Michail was amper 16 toe sy pa ernstig siek word; die jaarlikse vakansie-uitstappie na Denemarke is gekanselleer.Vorres, pp. 48–52 Op 1 November 1894 is Aleksander III op die voortydige ouderdom van 49 oorlede.Phenix, pp. 30–31; Vorres, pp. 54, 57 Michail se oudste broer, Nikolaas, het tsaar geword en Michail se kinderjare was effektiewelik verby.Crawford and Crawford, p. 23
Militêre loopbaan en openbare pligte thumb|180px|'n Olieverfskildery van Michail deur Ilja Repin, 1901. Michail se moeder, die keiserinmoeder Maria, het saam met Michail en Olga teruggetrek na Anitsjkof-paleis. Soos die res van die manlike lede van sy familie het Michail 'n militêre loopbaan gevolg. Hy het daarna by die Keiserlike Wag aangesluit.Crawford and Crawford, p. 24 In November 1898 het hy meerderjarig geword en net agt maande later het hy die vermoedelike opvolger van sy broer Nikolaas geword; sy broer Georgi se dood en die daaropvolgende verandering in die troonopvolging het die feit onderstreep dat Nikolaas nie 'n seun gehad het nie. Omdat die opvolging tot mans beperk was, kon sy drie dogters hom nie opvolg nie. Toe Nikolaas se vrou, Aleksandra, in 1900 weer swanger word, het sy gehoop die baba sou 'n seun wees. Sy het egter die volgende jaar nog 'n dogter gekry.Crawford and Crawford, pp. 25–26
Michail is beskou as onmerkwaardig, stil en goed gemanierd.Crawford and Crawford, p. 27 Hy het die pligte uitgevoer wat verwag is van 'n troonerfgenaam. In 1901 het hy Rusland verteenwoordig by die begrafnis van koningin Victoria en is hy 'n ridder van die Badorde gemaak. Die volgende jaar is hy 'n ridder van die Kousband gemaak met die kroning van koning Edward VIII van die Verenigde Koninkryk.Crawford and Crawford, p. 26
Michail was die vermoedelike troonopvolger tot op 12 Augustus 1904, met die geboorte van Nikolaas en Aleksandra se seun, tsarewitsj Aleksei, wat die regmatige troonopvolger geword het. Michail was hierna weer die tweede aanspraakmaker, maar is saam met Aleksandra aangewys as regent vir die seun in die geval van Nikolaas se dood.Crawford and Crawford, pp. 28–29
Romanses thumb|180px|Prinses Beatrice van Sakse-Koburg en Gotha. Michail het prinses Beatrice van Sakse-Koburg en Gotha in 1902 ontmoet. Hulle het verlief geraak en in Engels begin korrespondeer.Crawford and Crawford, pp. 7–8 Michail het Frans en Engels vlot gepraat.Crawford and Crawford, p. 5 Dit het aanvanklik gelyk of hulle sou trou, maar die Oosters-Ortodokse Kerk verbied 'n huwelik tussen neef en niggie; Michail se pa en Beatrice se ma was broer en suster. Nikolaas wou nie die huwelik goedkeur nie en die romanse het doodgeloop.Crawford and Crawford, pp. 8–9
Michail het hierna sy aandag gevestig op Aleksandra Kossikofskaja, wat algemeen as "Dina" bekend was. Sy was sy suster Olga se hofdame. Sy was egter nie koninklik nie.Crawford and Crawford, p. 10 Michail het die idee van sy vriende verwerp om haar as minnares aan te hou,Crawford and Crawford, p. 11 en in Julie 1906 het hy aan Nikolaas geskryf en toestemming gevra om met haar te trou. Nikolaas was ontsteld, want daar is van koninklikes verwag om met koninklikes te trou, anders sou hulle kinders hulle nie kon opvolg nie. Nikolaas het Michail gedreig om hom uit Rusland te verban indien hy sonder sy toestemming trou. Hulle ma, Maria, het Dina afgedank as Olga se hofdame en Michail tot middel September na Denemarke geneem.
Kort ná sy terugkeer na Rusland het drie Britse koerante op 24 September 1906 aangekondig dat Michail en prinses Patricia van Connaught gaan trou,The Observer, The Sunday Times en Reynold's News van 7 Oktober 1906, aangehaal in Crawford and Crawford, p. 12 maar nie een van hulle het iets daarvan geweet nie. Buckingham-paleis het 'n ontkenning uitgereik.Crawford and Crawford, p. 13 Michail en Dina het beplan om stilletjies te trou, maar Dina is deur die Ochrana, Nikolaas se geheime polisie, dopgehou en verbied om te reis.Crawford and Crawford, p. 14 Weens die druk van sy familie en omdat hy Dina nie kon sien nie, het dit gelyk of Michail teen Augustus 1907 belangstelling verloor het.Crawford and Crawford, p. 15 Dina het oorsee gaan woon. Sy het nooit getrou nie en het geglo sy is Michail se regmatige verloofde, maar die romanse was verby.Crawford and Crawford, p. 16
thumb|180px|Natalia Brasowa. Vroeg in Desember 1907 is Michail voorgestel aan Natalia Sergejewna Woelfert, die vrou van 'n mede-offisier, en van 1908 af het 'n diepe vriendskap ontwikkel.Crawford and Crawford, pp. 44 47 Natalia was nie 'n koninklike nie en het 'n dogter uit haar eerste huwelik gehad. Teen Augustus 1909 was hulle minnaars,Crawford and Crawford, p. 77 en teen November 1909 het Natalia apart van haar man gewoon in 'n woonstel in Moskou waarvoor Michail betaal het.Crawford and Crawford, pp. 85–87 In 'n poging om 'n skandaal te voorkom, het Nikolaas Michail oorgeplaas na Orjol, 400 km van Moskou af, maar Michail het 'n paar keer per maand na Moskou gereis om Natalia te sien.Crawford and Crawford, pp. 74–91
Hulle enigste kind, Georgi (wat na Michail se oorlede broer genoem is), is in Julie 1910 gebore, voor haar egskeiding van haar tweede man afgehandel was.Crawford and Crawford, p. 104 Om te verseker die seun sal as syne erken word en nie as Woelfert s'n nie, het Michail die datum van die egskeiding laat terugdateer. Nikolaas het aan die seun die van "Brasof" gegee, genoem na Michail se landgoed by Brasowo. Dit was 'n stille erkenning dat Michail sy pa was.Crawford and Crawford, p. 107
In Mei 1911 het Nikolaas aan Natalia toestemming gegee om van Moskou na Brasowo te verhuis en het hy haar die van "Brasowa" gegee.Crawford and Crawford, p. 111 In Mei 1912 is Michail na Kopenhagen vir die begrafnis van sy oom koning Frederik VIII van Denemarke, waar hy 'n maagseer gekry het wat hom vir jare sou las gee.Crawford and Crawford, p. 112 Ná 'n vakansie in Frankryk, waar hy en Natalia deur die Ochrana agtervolg is, is Michael terug na Sint Petersburg verplaas. Hy het Natalia saam met hom na die hoofstad geneem en haar in 'n woonstel laat woon, maar sy is deur die gemeenskap verwerp en binne 'n paar maande het hy haar na 'n villa in Gatsjina geskuif.Crawford and Crawford, pp. 116–119
Huwelik In September 1912 was Michail en Natalia met vakansie oorsee en soos gewoonlik is hulle deur die Ochrana agtervolg. In Berlyn het Michail aangekondig hy en Natalia sou per motor na Cannes ry, en hy het sy personeel opdrag gegee om per trein te volg. Die Ochrana het opdrag gekry om ook per trein te volg, eerder as per motor, en dus was Michail en Natalia vir 'n ruk alleen. Michail het die reis met opset so beplan.Crawford and Crawford, pp. 122–125 Op pad na Cannes het hy en Natalia na Wenen afgedraai, waar hulle op 16 Oktober 1912 in 'n Serwies-Ortodokse kerk getroud is.Crawford and Crawford, pp. 125–126
Twee weke ná die troue het Michail aan sy ma en broer geskryf om hulle oor die huwelik in te lig.Crawford and Crawford, pp. 129–131 Hulle was albei hewig ontsteld en sy broer was geskok omdat Michail "sy belofte verbreek het om nie met haar te trou nie".Brief aan Maria, 7 November 1912, aangehaal in Crawford and Crawford, p. 132
Nikolaas was veral ontsteld omdat sy erfgenaam, Aleksei, enstig siek was aan hemofilie, en dit was een van die redes wat Michail genoem het dat hy met Natalia getrou het.Crawford and Crawford, pp. 130–132 Michail was bang hy sou met Aleksei se dood weer die vermoedelike erfgenaam word en dan sou hy glad nie met Natalia mag getrou het nie. Deur voor die tyd met haar te trou, kon hy vroeg van die lys van troonopvolgers verwyder word en so sou hy Natalia nie verloor nie. In 'n reeks dekrete in Desember 1912 en Januarie 1913 het Nikolaas Michail van sy militêre pligte onthef, hom uit Rusland verban, al sy belange in Rusland gevries, beslag gelê op sy landgoede en hom van die lys van troonopvolgers verwyder.Crawford and Crawford, p. 136 Die gemeenskap was geskok oor die graad van Nikolaas se vergelding, maar daar was min simpatie vir Natalia.Crawford and Crawford, p. 137 Sy mag nie as "groothertogin" bekend gewees het nie; sy het die titel "Madame of grafin Brasowa" gebruik.Crawford and Crawford, pp. 151–152, 410 (note 17), and 213