Die Tierkardinaal (Cheilodipterus macrodon) is 'n vis wat voorkom in die Indo-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Tiger cardinal.

Voorkoms Die volwasse vis het 7–10 donker strepe oor die sye en die rante van die stertvin is ook donker. Daar is ook twee dorsale vinne teenwoordig. Die onvolwasse vissies het 2–6 strepe en 'n donker kol op die stertvin se basis. Soos die onvolwassenes groei word die kol groter totdat dit 'n band om die stertbasis vorm. Die vis word tot 25 25 lank.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe in water wat 3 – 30 m diep is. Die vis het groot tande, sy naam macrodon beteken "groot tande".

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Cheilodipterus-macrodon.html

Kategorie:Beenvisse