duimnael|links|Die woord "Dari" in in die Arabiese alfabet Dari (Persies/Farsi: دری [dæˈɾiː]) of Dari-Persies (فارسی دری [fɒːɾsije dæˈɾiː]) is die variant van Persies wat in Afghanistan gebesig word. Die term Dari verwys daarnaas vanaf die 10de eeu na die vroeë Nieu-Persiese literêre taal.Encyclopaedia Iranica: Dari. Besoek op 1 Junie 2016 Sy gebruik in die nouer sin van 'n Afghanse variant van Persies word sedert 1964 amptelik deur die Afghanse regering erken en bevorder. So word na Dari in baie westerse bronne ook verwys as Afghanse Persies.
Soos bepaal deur die grondwet van Afghanistan, is Dari - naas Pasjtoe - een van dié land se twee ampstale. Dari is nogtans die mees gesproke taal in die land en die moeder- of eerste taal van tussen 'n kwart en die helfte van die bevolking. Dari het die status van 'n lingua franca in Afghanistan en dien ook as onderrigmedium.
Iranse en Afghanse Persies is onderling verstaanbaar, waarby verskille hoofsaaklik beperk bly tot die woordeskat en fonologie.
Verwysings
Eksterne skakels
My Languages - Learn Dari
Kategorie:Irannese tale Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van Iran