Die Klipbaber (Austroglanis sclateri) is 'n varswatervis wat in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels voorkom. In Engels staan die vis bekend as Rock catfish.
Voorkoms Die vis is olyfbruin van kleur en word tot 300 mm lank.
Habitat Die vis verkies om in 'n rotsagtige omgewing te leef in vloeiende riviere met stroomversnellings. Hulle vreet ongewerweldes, veral insekte.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Austroglanis-sclateri.html
Kategorie:Beenvisse