Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Beloetsje.

duimnael|links|Die woord "Beloetsji" in Arabiese skrif duimnael|links|Verspreiding van etniese groepe in Pakistan volgens die CIA in 1980 Beloetsji (بلوچی baločî Balóćí) is 'n Irannese taal wat deur sowat 5 miljoen mense in Afghanistan, Pakistan, Iran, Turkmenistan, die Verenigde Arabiese Emirate en Oman gepraat word. Dit is 'n erkende minderheidstaal in Iran en Pakistan in die streek Beloetsjistan. Daarbenewens dien Beloetsji as ampstaal van die Iranse provinsie Sistan en Beloetsjistan en van die Pakistanse provinsie Beloetsjistan. Beloetsji word met die Arabiese alfabet geskryf.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Irannese tale Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Oman Kategorie:Tale van Pakistan Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Tale van die Verenigde Arabiese Emirate