Die Clanwilliam-klipbaber (Austroglanis gilli) is 'n varswatervis wat voorkom in die sytakke van die Olifantsrivierstelsel by Clanwilliam in die Wes-Kaap. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels staan die vis bekend as Clanwilliam rock catfish.

Voorkoms Die vis se dorsale en pektorale vinne is gepunt. Die vis is lank met 'n plat en breë kop. Daar is drie pare baarde om die mond. Die vis is gryserig tot gelerig bruin van kleur en word tot 164 mm lank.

Habitat Die vis leef tussen rotse en klippe en onder banke in helder, vloeiende riviere. Hulle vreet insekte en ander ongewerweldes wat hulle op die bodem kry.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Austroglanis-gilli.html

Kategorie:Beenvisse