Barnard se klipbaber (Austroglanis barnardi) is 'n varswatervis wat voorkom in die sytakke van die Olifantsrivierstelsel by Clanwilliam in die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as Barnard's rock catfish.
Voorkoms Die vis se dorsale en pektorale vinne is rond. Die vis is lank met 'n plat en breë kop. Daar is drie pare baarde om die mond. Die vis is goudbruin met bruin vlekke op en word tot 128 mm lank.
Habitat Die vis verkies om in 'n klipperige omgewing te leef in helder, vloeiende riviere.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Austroglanis-barnardi.html
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse