duimnael|links|Die Clyderivier in Glasgow teen skemertyd Die Clyderivier (Engels: River Clyde, Skots-Gaelies: Abhainn Chluaidh [avɪɲˈxlˠ̪uəj]) is 'n groot rivier in Skotland.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is die negende langste rivier in die Verenigde Koninkryk en die derde langste in Skotland. Aangesien die Clyde deur Skotland se nywerheidsmetropool Glasgow vloei, het dit vroeër 'n belangrike rol vir die skeepsbou en handel in die Britse Ryk gespeel. Teen die middel van die 19de eeu het tagtig persent van alle stoomskepe, wat in Groot-Brittanje gebou is, uit skeepswerwe langs die Clyde gekom.Peter Sager: Schottland. Geschichte und Literatur • Architektur und Landschaft. 11de uitgawe. Keulen: DuMont 1991, bl. 159

Die Clyde ontspring in die Lowther Hills in South Lanarkshire. Dit mond in 'n estuarium genaamd die Firth of Clyde uit.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Glasgow Kategorie:Riviere in Skotland