Die Nylkurper (Oreochromis niloticus) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Nylrivier, die Groot Skeurvallei-mere en sekere Wes-Afrika riviere. Die spesie is in Suid-Afrika by die Kaapse Vlakte, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Zimbabwe en Zambië vrygelaat. Dit het ook die Limpoporivier en ander riviere aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek binnegedring. In Engels staan die vis bekend as die Nile tilapia.

Voorkoms duimnael|links|'n Nylkurper.

Die stertvin is gestreep en die mannetjies word rooi oor die kop, onderlyf en die dorsale- en stertvinne gedurende die broeityd. Die vis word tot 50 cm lank en die Zimbabwe-hengelrekord is 4,04 kg.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Kurper Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel Oreochromis niloticus by FishBase

Kategorie:Beenvisse