Die Shirekurper (Oreochromis shiranus) is 'n varswatervis wat in die Malawimeer, die onderste gedeelte van die Shirerivier en die onderste gedeelte van die Zambezirivier voorkom. Hulle kom ook in die Chilwa- en Chiutamere voor. In Engels staan die vis bekend as die Shire tilapia.
Voorkoms Die vis is olyfkleurig met 'n ligte roomkleurige of geel skynsel. By die volwasse mannetjies word die rante van die dorsale- en stertvinne helder oranje. Die vis word tot 37 cm lank.
Habitat Hulle leef in die rietagtige areas en moerasse asook in beskermde plantwortelareas langs rivieroewers. Hulle vreet alge, plante en fitoplankton. Die vis broei gedurende die somer nadat die mannetjies 'n nes gebou het van 50–90 cm in deursnee. Die wyfies is mondbroeiers.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Kurper Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Oreochromis-shiranus+shiranus.html
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse