Die Turkanameer (Engels: Lake Turkana) is in die noorde van Kenia en was voorheen bekend as die Rudolfmeer. Die meer is 290 km lank en 32 km wyd. Dit is die grootste meer in 'n woestyn in die wêreld en is deel van die Groot Mere van Afrika en die Groot Skeurvallei. Dit het geen uitvloei nie en verloor water slegs deur verdamping. Die noordelike punt van die meer is in Ethiopië. Die Omorivier mond uit in die meer.
Antropologie duimnael|links|Kaart van die Groot Mere van Afrika:Albertmeer (Lake Albert)Edwardmeer (Lake Edward)Kivumeer (Lake Kivu)Kyogameer (Lake Kyoga)Malawimeer (Lake Malawi)Mwerumeer (Lake Mweru)Rukwameer (Lake Rukwa)Tanganjikameer (Lake Tanganyika)Turkanameer (Lake Turkana)Victoriameer (Lake Victoria) Sowat 2 tot 3 miljoen jaar gelede was die meer groter en die gebied vrugbaarder, en was dit ’n woonplek van vroeë hominiede. Die paleoantropoloog en omgewingsbewaarder Richard Leakey was aan die hoof van verskeie uitgrawings in die gebied en talle belangrike vondste van Hominini-oorblyfsels is hier gedoen. Die 2 miljoen jaar oue skedel KNM ER 1470 is in 1972 hier gevind. Die naam Homo rudolfensis is in 1986 deur V.P. Alexeev voorgestel daarvoor – dit is afgelei van die ou naam, Rudolfmeer.
In 1984 is die Turkana-seun, ’n feitlik volledige skelet van Homo ergaster, ook hier ontdek en in 1999 die 3,5 miljoen jaar oue skedel Kenyanthropus platyops, wat beteken "die Platgesigmens van Kenia".
In populêre kultuur Die oostelike meeroewer (in Loiyangalani) het as die agtergrond vir John le Carré se roman "The Constant Gardener" gedien, asook die rolprent met dieselfde naam. 'n Deel van Andrei Goesev se roman "The Non-Returnee" speel af aan die oewers van die Turkanameer in Loiyangalani (in die tweede deel van die roman), waar ou kennisse ontmoet: die skrywer Andy, die Moskouse politieke wetenskaplike Mitrosjin en die draaiboekskrywer Oksana Sjljapina.
Verwysings
Bronnelys Africa's Great Rift Valley Nigel Pavitt. 2001.
Eksterne skakels
Kategorie:Groot Mere van Afrika Kategorie:Mere in Ethiopië Kategorie:Mere in Kenia