Die Namibkurper (Thoracochromis buysi) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivierstelsel in Angola en Namibië voorkom en tot 175 mm lank word. In Engels staan die vis bekend as Namib river bream.

Voorkoms Die vis het 'n breë kop, groot oë en 'n kort bek. Die mannetjies is groenerig-geel aan die sye, geel op die kieue en blou onder die oë tot by die bek. Die dorsale vin het oranje punte met 'n blou streep net onder die punte. Daar is oranje kolle op die dorsale vin se membraan. Die anale vin het oranje kolle op.

Habitat Die vis verkies om in sanderige omgewings wat vol plantegroei is, te leef.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Kurper Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel Thoracochromis buysi by FishBase

Kategorie:Beenvisse