Sargochromis is 'n genus van visse wat aan die familie Cichlidae behoort. Sewe van die spesies kom in Suider-Afrika voor. Die genus is betreklik groot met die bekke van gemiddelde grootte en hulle vreet oor die algemeen slakke, varswater mossels en skaaldiere. Die wyfies broei die eiers uit en dra die larwes in die mond. Die uiterlike verskille tussen die verskillende spesies is baie min.

Spesies Sargochromis carlottae - Reënboog-kurper Sargochromis codringtonii - Groen-kurper Sargochromis coulteri - Kunene-kurper Sargochromis giardi - Ligroos-kurper Sargochromis greenwoodi - Langwang-kurper Sargochromis mortimeri - Kafue-kurper

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse