Serranochromis is 'n genus van visse wat aan die familie Cichlidae behoort. Die genus is groot roofvisse wat voorkom in die riviere van tropiese Suider- en Sentraal-Afrika. Die genus het groot monde met koniese tande. Hulle is almal mondbroeiers.

Daar is tien spesies wat aan die genus behoort en sewe van die spesies kom in Suider-Afrika voor.

Spesies Serranochromis altus - Kromkop-kurper Serranochromis angusticeps - Smalkop-kurper Serranochromis longimanus - Langvinkurper Serranochromis macrocephalus - Perskopkurper Serranochromis meridianus - Laeveld-kurper Serranochromis robustus - Olyfkurper Serranochromis thumbergi - Bruinkol-kurper

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse