Tilapia is 'n genus van visse wat aan die familie Cichlidae behoort. 'n Kenmerk van die genus is die swart kol op die basis van die dorsale vin en hulle is plantvreters. Dit is 'n gewilde eetvis.
Spesies duimnael|links|Tilapia zillii as 'n gereg
Daar is dertig spesies wat aan die genus behoort en vier van die spesies kom in Suider-Afrika voor, naamlik: Tilapia guinasana – Otjikoto-kurper Tilapia rendalli – Rooiborskurper Tilapia ruweti – Okavango-kurper Tilapia sparrmanii – Vleikurper
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakels
Kategorie:Beenvisse