Die Kariba-kurper (Oreochromis mortimeri) is 'n varswatervis wat in die middelste gedeelte van die Zambezirivier en die Luangwarivier, 'n sytak van die Zambezirivier, voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Kariba tilapia.

Voorkoms Die vis is helder olyfblou of bronskleurig en die keelgedeelte is dofgroen of swart. Mannetjies ontwikkel 'n konkawe kopprofiel. Die vis word tot 43 cm lank en weeg dan 4 kg. Die Zimbabwe-hengelrekord is 3.43 kg. Die vis lyk baie soos die bloukurper.

Habitat Die vis leef in beskermende en stil water van groot riviere. Hulle vreet alge, diatome, detritus, insekte en soöplankton. Hulle broei feitlik die hele jaar; elke wyfie lewer verskeie kleintjies op 'n slag. Die mannetjie maak 'n pieringvormige nes.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Kurper Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Oreochromis-mortimeri.html

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse