Die Kunene-kurper (Sargochromis coulteri) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier in Namibië en Angola voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Cunene bream.
Voorkoms Die onvolwasse vis is lig tot olyfgroen en daar is donker kolle op die vinne. Die volwasse visse is olyfgroen met grysgroen vinne wat 'n rooi skynsel op het. Daar is roesbruin kolle by die basis van die skubbe. Mannetjies het rooi kolle op die membraan van die vinne en daar is eiervormige kolle op die analevin. Die pensvin is dofkleurig. Die vis word tot 22 cm lank.
Habitat Geen inligting is beskikbaar nie.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Kurper Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Sargochromis-coulteri.html
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse