duimnael|links|Uitsig oor die meer. Die Tanameer (Amharies: ጣና ሐይቅ?, Ṭana Ḥäyq, T’ana Hāyk’) is in die noorde van Ethiopië en is die oorsprong van die Blou Nyl, 'n sytak van die Nylrivier. Die meer vorm nie deel van die Groot Skeurvallei nie.

Dit is die grootste meer in Ethiopië en die hoogsliggende meer in Afrika. Die meer is op 'n hoogte van 1800 m geleë en het 'n oppervlakte van 3000 km² (84 km lank en 66 km breed). Die maksimum diepte is 15 m.

Daar is eilande in die meer, waarvan die belangrikste Tana Qirqos, Daga, Dek, en Mitraha is.

Die eilande in die meer word al vir minstens 500 jaar bewoon deur monnike van die Ethiopies-Ortodokse Kerk wat skatte van voormalige Ethiopiese keisers en kerkskatte in afgeleë kloosters bewaar. Die grootste eiland is Dek.

Verwysings

Kategorie:Mere in Ethiopië

Eksterne skakels