Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kasakke.
Kasaks (қазақша, قازاقشا, qazaqşa, [qʰɑzɑ́qʃɑ] of қазақ тілі, قازاق ٴتىلى, qazaq tılı, [qʰɑzɑ́q tʰɘlɘ́]) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 13 miljoen mense in Kasakstan, die Volksrepubliek China, Mongolië, Afghanistan, Tadjikistan, Turkye, Turkmenistan, Oekraïne, Oesbekistan, Rusland en Iran gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Sentraal-Asië ná Oesbekies asook die vierde mees gesproke Turkiese taal ná Turks, Azerbeidjans en Oesbekies. Kasaks is die amptelike taal van die Republiek Kasakstan en verwant aan Kirgisies en Karakalpaks.
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|Verspreiding van Kasaks in die Russiese Ryk in 1897 duimnael|links|Kasakse Arabiese en Latynse skrif in 1924 Kasaks word amptelik met 'n gemodifiseerde Cyrilliese alfabet geskryf, maar op die internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.
Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale op die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Vir Kasaks en Kirgisies het 'n kommissie 'n gemeensame alfabet uitgewerk. Президент Турции Гюль в Астане уговаривает Н.Назарбаева перейти на латинский алфавит
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van China Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Kasakstan Kategorie:Tale van Mongolië Kategorie:Tale van Oekraïne Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Tale van Tadjikistan Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Tale van Turkye Kategorie:Turkiese tale