Tenochtitlan (Nahuatl: Tenōchtitlan, [te.noːʧ.'ti.tɬan]; letterlik: "Stad van Ténoch"; Spaans: [ˈmexiko tenotʃˈtitlan], ) was van die 14de eeu tot 1521 die hoofstad van die Asteke, totdat dit deur Spaanse conquistadores onder Hernán Cortés verower en vernietig is.

duimnael|links|Afbeelding van Meksiko-Tenochtitlan uit die Codex Mendoza duimnael|links|Gerekonstrueerde ligging van Tenochtitlan in die Texcocomeer Vermoedelik het die stad aan die begin van die 16de eeu 'n bevolking van meer as 100 000 gehad en was dus die grootste stad van die Amerikas en een van die grootste stede wêreldwyd. Die Meksikaanse hoofstad Meksikostad is op die ruïnes van Tenochtitlan herbou. Die paar oorblywende ruïnes in die moderne stadsentrum is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Ligging Tenochtitlan was op verskeie eilande aan die weste van die Texcocomeer geleë, wat 2240 meter bo seevlak in die Vallei van Meksiko lê. In die noorde, ooste en suide is die vallei deur 'n bergreeks omring, wat deur die vulkane Popocatépetl en Iztaccíhuatl oorheers word. Die stad was met vyf damme in die noorde, weste en suide met die vasteland verbind. Op 'n naburige eiland, wat net deur 'n kanaal van die stad geskei was, was die aanvanklik onafhanklike stad Tlatelolco geleë.

Vandag bestaan die Texcocomeer nie meer nie, wat deur die Spanjaarde geleidelik gedreineer is. Net in Xochimilco in die suide van Meksikostad vorm klein waters 'n laaste oorblyfsel van die meer.

Galery

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kategorie:Argeologiese vindplekke in Meksiko Kategorie:Asteke Kategorie:Meksikostad Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Meksiko