Teotihuacán (Nahuatl: Tēotīhuacān, ; Spaans: Teotihuacán, [teotiwa'kan], ) is 'n antieke Meso-Amerikaanse stad in 'n subvallei van die Vallei van Mexiko. Die vallei is geleë 40 km noordoos van die huidige Mexikostad in die Mexikaanse deelstaat México.
duimnael|links|240px|Ligging van Teotihuacán in Mexiko. duimnael|links|240px|'n Model van Teotihuacán. Teotihuacán is vandag bekend as die terrein van baie van die belangrikste Meso-Amerikaanse piramides wat in die Amerikas van voor Columbus gebou is, naamlik die Piramide van die Son en die Piramide van die Maan. Hoewel Teotihuacán naby Mexikostad lê, was dit nie 'n Asteekse stad nie. Dit bestaan van baie eeue voor die Asteekse Ryk. Op sy hoogtepunt, miskien in die eerste helfte van die 1ste millennium (1-500 n.C.), was Teotihuacán die grootste stad in die Amerikas, met 'n bevolking van minstens 25 000. Dit word op 125 000 of meer geraam,Millon, p. 18. wat dit sowat die sesde grootste stad ter wêreld in sy tydperk maak.Millon, p. 17, wat sê dit was die sesde grootste stad in 600 v.C.
Die stad se oppervlakte was 21 km2 en het 80 tot 90 persent van die vallei se bevolking gehuisves. Benewens die piramides is Teotihuacán ook antropologies belangrik vir sy komplekse woongeboue vir veelvoudige gesinne; sy Laan van die Dooies; en sy helderkleurige, goed bewaarde muuskilderings. Die stad het ook verfynde gereedskap van lawaglas uitgevoer wat deur die hele Meso-Amerika ontdek is. Teotihuacán is omstreeks 100 v.C. gebou, met groot monumente wat deurlopend opgerig is tot omstreeks 250 n.C. Die stad het dalk bestaan tot tussen die 7de en 8ste eeu, maar sy grootste monumente is omstreeks 550 stelselmatig geplunder en afgebrand.
Teotihuacán het omstreeks die eerste eeu n.C. ’n godsdienssentrum op die Mexikaanse Plato geword: die grootste en digs bevolkte sentrum in die Amerikas voor Columbus. Dit het meerverdiepingwoonstelle gehad om die groot bevolking te huisves.
Hoewel daar gedebatteer word oor of Teotihuacán die middelpunt van ’n staatsryk was, is sy invloed deur Meso-Amerika goed gedokumenteer. Bewyse van ’n Teotihuacán-teenwoordigheid is by talle terreine in Veracruz en die Maja-streek gevind. Die latere Asteke het hierdie indrukwekkende ruïnes gesien, aanspraak op ’n gemeenskaplike herkoms met die Teotihuacane gemaak en elemente van hulle kultuur aangepas en oorgeneem. Die etnisiteit van die inwoners van Teotihuacán is onseker. Moontlike kandidate is die etniese groepe Nahua, Otomi en Totonac. Ander navorsers het voorgestel Teotihuacán was multi-etnies vanweë die ontdekking van kulturele elemente wat met ander volke verbind word.
Dit is duidelik dat baie verskillende kultuurgroepe in Teotihuacán gewoon het tydens die hoogtepunt van sy mag, met migrante wat van oral gekom het. Ná die ineenstorting van Teotihuacán is Sentraal-Mexiko deur meer streekmoondhede oorheers.
Die stad en argeologiese terrein is geleë in wat nou die San Juan Teotihuacán-munisipaliteit in die staat Mexiko is, ongeveer 40 km noordoos van Mexikostad. Die terrein beslaan ’n totale oppervlakte van 83 km2 en is in 1987 as ’n Unesco-wêrelderfenisgebied aangewys. Dit was in 2024 die tweede mees besoekte argeologiese terrein in Mexiko, met 1 313 321 besoekers.
Etimologie Die naam "Teōtīhuacān" is eeue ná die val van die stad omstreeks 550 n.C. deur die Nahuatlsprekende Asteke aan die stad gegee. Die term is verklaar as “geboorteplek van die gode” of “plek waar die gode gebore is”,Archaeology of Native North America by Dean R. Snow. wat die Asteke se skeppingsmites weerspieël wat sou plaasgevind het in Teotihuacán. Die Nahuatlkenner Thelma D. Sullivan vertolk die naam as “plek van dié wat die pad van die gode het.”Millon (1993), p. 34. Dit is omdat die Asteke geglo het die gode het die heelal op daardie plek geskep.
Die oorspronklike naam van die stad is onbekend, maar dit verskyn in geskrifte uit die Majastreek as puh, of “Plek van Riete.”Mathews and Schele (1997, p. 39) Dit dui daarop dat Teotihuacán in die Majabeskawing van die klassieke tydperk beskou is as ’n plek van riete, soortgelyk aan ander postklassieke Sentraal-Mexikaanse nedersettings.
Sedert 23 Januarie 2018 is die naam "Teotihuacán" onder heroorweging deur kundiges, wat nou meen die terrein se naam is moontlik in die 16de eeu deur Spaanse koloniseerders verander. Die argeoloog Verónica Ortega van die Nasionale Instituut vir Antropologie en Geskiedenis verklaar die stad is oorspronklik waarskynlik "Teohuacan" genoem, wat “Stad van die Son” beteken eerder as “Stad van die Gode”, soos die huidige naam aandui.
Geskiedenis 240px|thumb|Die voorkant van die Piramide van die Son. 240px|thumb|Die linkerkant van die Piramide van die Son.
Die eerste menslike nedersetting in die Teotihuacán-gebied dateer uit 600 v.C., en tot 200 v.C. het die terrein uit verspreide klein dorpe bestaan. Die geskatte totale bevolking van die vallei in dié tyd was ongeveer 6 000. Van 100 v.C. tot 750 n.C. het Teotihuacán ontwikkel tot ’n enorme stedelike en administratiewe sentrum met kulturele invloede regdeur die breër Meso-Amerikaanse streek.
Die geskiedenis van Teotihuacan word onderskei deur vier opeenvolgende tydperke:
Tydperk I het tussen 200 en 1 v.C. geduur en merk die ontwikkeling van ’n duidelik stedelike gebied. In dié tydperk het Teotihuacán begin groei tot ’n stad toe plaaslike boere om sy oorvloedige fonteine begin saamtrek het.
Tydperk II het tussen 1 n.C. en 350 n.C. geduur. In dié tyd het Teotihuacán ’n ontploffende groei getoon en gevorder tot die grootste metropool in Meso-Amerika. Faktore wat die groei beïnvloed het, sluit in die vernietiging van ander nedersettings as gevolg van vulkaniese uitbarstings en die ekonomiese aantrekking van die uitbreidende stad. Dié instroming van nuwe inwoners het gelei tot ’n herorganisasie van stedelike behuising in die unieke woonstelkomplekse wat kenmerkend is van Teotihuacán. Dié tyd is veral bekend vir sy monumentale argitektuur en beeldhouwerk, veral die bou van sommige van die bekendste terreine van Teotihuacán, naamlik die Piramides van die Son en die Maan. Verder het die verskuiwing van politieke mag van die Tempel van die Geveerde Slang en die omliggende paleisstruktuur êrens tussen 250 en 350 n.C. na die Kompleks van die Laan van die Dooies plaasgevind. Sommige kenners glo dit het ’n verskuiwing van ’n gesentraliseerde, monargiese politieke stelsel na ’n meer gedesentraliseerde en burokratiese organisasie verteenwoordig. Omstreeks 300 n.C. is die Tempel van die Geveerde Slang ontwy, en bouwerk in die stad het in ’n meer egalitêre rigting voortgegaan, met die fokus op die oprigting van gerieflike klipwonings vir die bevolking.Graeber, David and Wengrow, David "The Dawn of Everything, A New History of Humanity" (New York: Farrar, Straus and Giroux, 2021), pp. 342–343
Tydperk III het van 350 tot 650 n.C. geduur en staan bekend as die klassieke tydperk van Teotihuacán, toe die stad die hoogtepunt van sy invloed in Meso-Amerika bereik het. Sy bevolking word op minstens 125 000 geraam, en die stad was een van die grootstes in die antieke wêreld, met 2 000 geboue binne ’n gebied van 18 km2. Dit was ook in dié bloeitydperk dat Teotihuacán ongeveer die helfte van al die mense in die Vallei van Mexiko gehuisves het en so ’n soort hoofstad van Meso-Amerika geword het. In dié tyd het ’n grootskaalse herbouing van strukture plaasgevind, en die Tempel van die Geveerde Slang, wat uit die vorige tydperk dateer, is met ’n plein met ryk beeldhouversiering bedek. Tipiese kunsvoorwerpe uit dié tydperk is begrafnismaskers, meestal vervaardig uit groen klip en bedek met mosaïeke van turkoois, skulpe of lawaglas. Hierdie maskers was besonder eenvormig van aard.
Tydperk IV beskryf die tydperk tussen 650 en 750 n.C. Dit dui die einde aan van Teotihuacán as ’n groot magsentrum in Meso-Amerika. Die stad se elite-woonkomplekse, wat rondom die Laan van die Dooies gegroepeer was, toon talle brandmerke, en argeoloë veronderstel die stad het interne onrus beleef wat sy verval versnel het. Faktore wat ook tot die verval van die stad bygedra het, sluit in die ontwrigting van heffings, toenemende sosiale stratifikasie en magskampe tussen die heersende en tussengangerselite. Ná hierdie verval het Teotihuacan steeds bewoon gebly, hoewel dit nooit weer sy vorige bevolkingsvlakke bereik het nie.
Oorsprong en stigting Die vroeë geskiedenis van Teotihuacán is redelik geheimenisvol, en die oorsprong van sy stigters is onseker. Omstreeks 300 v.C. het mense uit die sentrale en suidoostelike dele van Meso-Amerika begin om in groter nedersettings saam te kom. Teotihuacán was die grootste stedelike sentrum van Meso-Amerika voor die Asteke, sowat 1 000 jaar voor hulle tydperk. Die stad was reeds in puin teen die tyd van die Asteke. Baie jare lank het argeoloë geglo dit is deur die Tolteke gebou. Dié geloof was gebaseer op tekste uit die koloniale tydperk wat die terrein aan die Tolteke toegeskryf het. Die Nahuatlwoord Toltec beteken egter oor die algemeen “ambagsman van die hoogste vlak” en verwys nie noodwendig na die Tolteekse beskawing wat in Tula, Hidalgo, gesentreer was nie. Aangesien die Tolteekse beskawing eeue ná Teotihuacán gebloei het, kon hulle nie die stigters van die stad gewees het nie.
In die Laat Vormingstydperk het verskeie stedelike sentrums in Sentraal-Mexiko ontstaan. Die prominentste hiervan was blykbaar Cuicuilco, aan die suidelike oewer van die Texcocomeer. Navorsers het bespiegel dat die uitbarsting van die Xitle-vulkaan moontlik ’n massaemigrasie uit die sentrale vallei na Teotihuacán kon veroorsaak het. Hierdie setlaars kon die stigting of versnelde groei van die stad veroorsaak het.Secrets of the Dead, episode Teotihuacan's Lost Kings, PBS, 30 October 2018
Ander geleerdes het voorgestel die Totonacvolk was die stigters van Teotihuacán. Hulle het aangevoer dat Teotihuacán ’n multi-etniese staat was, aangesien daar uiteenlopende kulturele elemente gevind is wat verbind word met die Maja- en ander beskawings. Die bouers van Teotihuacán het voordeel getrek uit die geografie van die Bekken van Mexiko. Uit die moerasagtige grond het hulle verhoogde landerye, genaamd chinampas, gebou wat hoë landbouproduktiwiteit moontlik gemaak het ten spyte van ou landboutegnieke. Dit het die vorming van kanale, en gevolglik kanoverkeer, moontlik gemaak om voedsel vanaf plase rondom die stad te vervoer. Die vroegste geboue in Teotihuacán dateer uit ongeveer 200 v.C. en die grootste piramide, die Piramide van die Son, is teen 100 n.C. voltooi.Millon (1993), p. 24.
Verowering van Tikal Geen bewyse van 'n koning of ander outoritêre leier is in Teotihuacán gevind nie, anders as in ander stede. Baie kenners glo die stad is lank deur 'n soort gesamentlike raad regeer.Graeber, David and Wengrow, David "The Dawn of Everything, A New History of Humanity" (New York: Farrar, Straus and Giroux, 2021), pp. 330–332
In Januarie 378 het die krygsheer Sihyaj K'ahk' (letterlik "uit vuur gebore" in die taal van die Maja, hoewel sy oorspronklike naam onbekend is) Tikal, amper 1 000 km van Teotihuacán af, verower en die Majakoning vervang, soos aangeteken op monumente in die Majastreek. In dié tyd is die heerser "die Spiesgooiende Uil" ook met die Teotihuacán-kultuur verbind.
Verowering van Copán and Quiriguá In 426 is die Copán-heersersdinastie geskep met K'inich Yax K'uk' Mo' as die eerste koning. Die dinastie het 16 heersers gehad. Copán is geleë in die hedendaagse Honduras. Kort daarna het Yax K'uk' Mo' vir Tok Casper aangestel as koning van Quiriguá, sowat 50 km noord van Copán.
Hoogtepunt