Die Río Paraná (Guaraní: Ysyry Parana, Portugees: Rio Paraná), is 'n groot suid-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 4 880 km, is die tweede langste rivier in Suid-Amerika ná die Amesonerivier. Die naam van die rivier is afgelei van die Tupí-frase para rehe onáva, wat beteken "soos die meer" (dit is, "so groot soos die meer").
duimnael|links|Satellietbeeld van die Río Paraná, die Río Paraguay en die Río Uruguay Die Río Paraná ontstaan deur die saamvloei van die Rio Paranaíba en die Rio Grande aan die plek, waar die Brasiliaanse deelstate Minas Gerais, São Paulo en Mato Grosso do Sul 'n drielandepunt vorm. Aansluitend vloei die rivier 619 km in suidwestelike rigting, waar dit baie damme deurvloei. Later bereik die Río Paraná Saltos del Guaira in Paraguay. Vir die volgende 200 km vorm die rivier die grens tussen Paraguay en Brasilië, voordat die Rio Iguaçu in die Río Paraná uitmond. Vanaf hier vorm die Río Paraná die grens tussen Paraguay en Argentinië. Die rivier vloei verdere 468 km in suidelike rigting, voordat dit vir 820 km in westelike rigting vloei. Aansluitend mond die Río Paraguay, die rivier se grootste sytak, in die Río Paraná uit. Vanaf hier vloei die rivier vir 820 km in suidelike rigting deur Argentinië, met 'n klein terugdraai in oostelike rigting naby Rosario. Aansluitend vloei die Río Paraná 500 km in suidoostelike rigting, voordat die rivier saam met die Río Uruguay in die Rio de la Plata saamvloei, wat naby Buenos Aires in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Argentinië Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Riviere in Paraguay Kategorie:Mato Grosso do Sul Kategorie:Minas Gerais Kategorie:Paraná Kategorie:São Paulo