duimnael|regs|Komponente van die moderne geweer rondte. Bo-na-onder: Kopermantelkoeël, rooklose dryfmiddelkorrels, koperdop, Boxer-slagdop. Herlaai, of handlaai, is die proses waartydens vuurwapen-ammunisie deur die herlaaier, self gelaai word, deur die samestelling van individuele komponente, (dop, slagdop, kruit en koeël) eerder as om voorafgelaaide fabrieksammunisie aan te koop.Nonte, chapter 1, "Handloading, What and Why" Die doel van herlaai is om koste te bespaar en om die werkverrigting en akkuraatheid van jou vuurwapen te verbeter.
Naas herlaai kan die kopspasie en loopbedding van die vuurwapen self die akkuraatheid ernstig beïnvloed.
Koëlvorm en Ballistiese Koëffisiënt
Stelsels Enige vuurwapen bestaan uit 5 substelsels: dryfmiddel, patroondop, slagdoppie, koeël en die vuurwapen self.
Veiligheidsreëls Werk versigtig en noukeurig en dra ´n veiligheidsbril
Verstaan wat jy doen en hoekom dit op ´n bepaalde manier gedoen word
Moenie dat iets jou aandag aftrek terwyl jy herlaai nie.
Werk noukeurig. Moenie haastig probeer laai nie
Gebruik toerusting en komponente/bestanddele soos deur die vervaardiger aanbeveel. Moenie komponente omruil nie.
Bêre kruit in die oorspronklike houer in ´n koel en droë plek.
Gebruik slegs kruit wat aanbeveel word in erkende handleidings en as jy seker is oor die identiteit van die kruit.
Hou kruit en slagdoppies weg van hitte of oop vlamme.
Hou kruit en toerusting buite die bereik van kinders
Herlaaitoerusting Herlaai-pars Matryse
Dophouer Dopsnyer Slagdoppie-arm
Skaal
Tregter
Doplengte-meter
Afwerker
Ruimyster
Herlaai-handleiding
Dopsmeermiddel
Kruit
Slagdoppies
Doppies
Punte
Herlaaiprosedure Ondersoek doppe
Sny van doppies
Hervorming van doppies
Verwydering en insit van slagdoppies
Meet van akkurate lading
Vul van doppie
Bedding van punt
Hou van rekords
Ondersoek doppe Skei doppe van verskillende vervaardigers
Skei doppe van verskillende kalibers
Verwyder doppe wat: gekraakte nekke het, gebuig of misvorm is, krake om kop het vergrote slagdoppie-gate
Dop-lengte moet gemeet word en indien nodig gesny word
Doppies moet gesmeer word
Sny van Doppies Met elke skoot vloei die geelkoper van die dop vorentoe en word die doppie daardeur verleng. Die doppie moet dus gesny word om te verhoed dat die doppie se nek tydens die laai van die geweer in die loop gedruk word. Dit sou 'n krimpende effek hê op die doppie en die groewe van die loop sal die punt te styf vasdruk. Dit is gevaarlik om ´n patroon in so ´n toestand af te vuur omdat die druk onbepaald verhoog kan word. Dit sal die akkuraatheid van die skoot beïnvloed en soms ook tot ´n beskadiging van die geweer lei. Die doppies moet dus voor smering gesny word. Nadat die dop gesny is moet die bek geruim word. Na die sny moet die dop-lengte weer gemeet word. As ´n reël moet die doppe na elke tweede skoot gesny word.
Hervorming van doppies
Tydens elke skoot veroorsaak die druk dat die geelkoper van die doppie uitsit. Die doppies moet dus voor die vul van die doppies na die oorspronklike vorm "hervorm" word. ´n Doppie wat nie vollengte hervorm is nie, mag dalk nie meer in die laai-kamer pas nie of in die laai-kamer vassit. Om hervormings-matrys behoorlik in te stel (sodat vollengte hervorming kan plaasvind) moet die matrys so in die drukpers gelaai word sodat dit net bokant die doppie is wanneer die hefboom in sy hoogste posisie is. .
Oormatige druk Oorsake van oormatige druk
Tekens van oormatige druk
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Wapentuig