Nicolas Pieter du Preez (gebore 1979 / 1980) is 'n Suid-Afrikaanse atleet en handfietsrenjaer. Hy was deel van Suid-Afrika se Paralimiese span tydens die Somerspele 2012 en Somerspele 2020. Hy is op 6 Oktober 2003 op 'n fiets deur 'n motor raakgery en is nou 'n kwadrupleeg. Du Preez het beperkte beweeglikheid in sy boonste ledemate en kan glad nie sy vingers beweeg nie.Profiel op Who's Who SA , besoek op 29 Augustus 2012

Hy het 'n silwermedalje tydens die 2011 IPC Atletiek Wêreldkampioenskap in die mans 200-meter gewen.

Du Preez het tydens die Paralimpiese Somerspele 2012 in die 100 meter se T51-afdeling meegeding. Tydens die Paralimpiese Somerspele 2020 het hy in die fietsry se H1-padtydtoets die goue medalje gewen.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Suid-Afrikaanse fietsryers Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense