Die Kunenerivier is 'n rivier wat ontspring in die hooglande van Angola en dan eers suidwaarts vloei voor dit draai en weswaarts vloei om in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Dit vorm ook die grens tussen Angola en Namibië op die weswaartse tog. Daar is twee watervalle in die rivier: Epupa-waterval en Ruacana-waterval.
Vislewe Van die visse wat hier voorkom sluit in: Bruinkol-kurper Dikbek-kurper Kunene-kurper Kunene dwerg-mondbroeier Kunene skulpoortjie Ligroos-kurper Namibkurper Suidelike mondbroeier
Kategorie:Riviere in Angola Kategorie:Riviere in Namibië