Die Kunene dwerg-mondbroeier (Orthochromis machadoi) is 'n varswatervis wat voorkom in die Kunenerivier in Angola en Namibië en word tot 65 mm groot. In Engels staan die vis bekend as die Cunene dwarf bream.

Voorkoms Die vis is ietwat lank met 'n ronde stertvin en die mond is klein. Daar is 10 - 12 vertikale bane oor die vis se lyf en swart vlek op die stertvin se basis. Daar is twee donker strepe op die gesig: een van die mond deur die oog en die ander van die oog tot by die boonste punt van die operkulum. Die mannetjie word rooi gedurende broei tyd.

Habitat en gewoontes Daar is baie min om die vis bekend behalwe dat hulle mondbroeiers is.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Orthochromis-machadoi.html

Kategorie:Beenvisse